Wesp

Wesp
Avispa (Vespula sp.)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:

Wespe is 'n diverse groep insekte wat tot die orde Hymenoptera (vliesvlerkiges) behoort. Die woord wespe word gebruik om feitlik alle vliesvlerkiges te beskryf wat nie miere of bye is nie. Die bekendste wespe behoort tot die familie Vespidae en hulle word ook perdebye genoem. Die sosiale organisasie van die diere kan baie uiteenlopend wees en wissel van alleenlewende diere, of sommige wat in klein groepies sonder enige arbeidsverdeling leef, tot spesies wat 'n ingewikkelde sosiale stelsel het en met die van bye vergelyk kan word.

Ectemnius lapidarius

Al die bye (superfamilie Apoidea) en miere (familie Formicidae) behoort tot die orde Hymenoptera (vliesvlerkige insekte), terwyl die oorblywende vliesvlerkiges wespe of perdebye genoem word. Die woord wespe is 'n arbitrêre naam vir ’n uiteenlopende groep insekte wat in twee subordes ingedeel kan word. Die suborde Symphyta omvat al die bladwespe en houtwespe en die insekte word daaraan gekenmerk dat daar geen vernouing tussen hul torakse en abdomens is nie.

Al die diere is plantetend, met uitsondering van familie, wat parasities is. Die tweede suborde (Apocrita) word deur 'n vernouing tussen die abdomen en die toraks gekenmerk. Die oorblywende wespe, die miere en die bye, behoort tot die suborde. Die meerderheid volwasse wespe is plantetend, terwyl hul larwes parasities op die larwes en/of volwassenes van ander insekte en spinnekoppe leef. Die suborde word verder in twaalf superfamilies ingedeel.

Al die wyfies van die suborde Apocrita het 'n deurdringende lêboor, maar die meerderheid van die insekte kan 'n mens nie steek nie. Die wyfies van die superfamilies Scolioidea, Vespoidea, Sphecoidea en die Apoidea (die bye) het lêbore wat tot angels ontwikkel het en die bye en perdebye kan 'n mens wel ’n pynlike steek toedien. Die bekendste wespe behoort tot die superfamilie Vespoidea en die familie Vespidae. Die perdebye het 'n goed ontwikkelde sosiale lewenswyse wat in die egte wespe (subfamilie Vespinae) die verste gevorder is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search